TEKEN AAN

Agent Snoet 5 in 1, R 220.00

Skrywer: F Bloemhof & A Ackermann
ISBN: 9780799388572
Prys: R 220.00
Kode: 1623
Hierdie item is ongelukkig nie in voorraad nie.

Stuur enige verwante navrae hier:
Kontak Form
 
Agent Snoet is ’n effens verstrooide speurder wat gelukkig kan staatmaak op die hulp van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los.
Saam trotseer hulle allerlei gevare en beleef ongelooflike avonture! Al vyf boeke in die gewilde strokiesreeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een boek.
Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is ’n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos.
Maar die eintlik meesterbrein agter die suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino.
Die slim Siamees is ’n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks!
En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder sy getroue kattehandlanger sou uitrig nie!.
Saam het die gedugte speurderspan al die geheim agter die verdwyning van die kosbare Botterdiamant ontrafel,
’n gevaarlike wapen genaamd die Genugtig uit gevaarlike skurke se kloue teruggekry en ’n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm.
Vir die eerste keer verskyn al vyf boeke in die fantastiese strokiesreeks nou saam in een boek: Agent Snoet en die Botterdiamant; Agent Snoet en die; Kattekwaad; Agent Snoet en die Hondelewe;
Agent Snoet en die Groen Genugtig; Agent snoet en die Windlawaai.