TEKEN AAN

Die Groot gryse (Folmer), R 20.00

Skrywer: Anna M Louw
Prys: R 20.00
Kode: 4676
Kies Hoeveelheid:  
 
Hierdie boek is ‘n histories roman waarin feit en verbeelding, werklikheid en fiksie maasterlik saamgeweef is,
met ontsag vir die historiese waarheid, met fyn aanvoeling vir atmosfeer en die innerlike lewe van die mens en met besondere filosofiese siening en insig.
Paul Kruger, die hooffigguur, is die laspunt waar al die panele van ‘n groot waaier van gewone en buitengewone mense,
opsienbarende gebeure en bekoorlike klein insidente bymekaarkom en op heel besondere wyse voor ons opval.
Hier is geen verheffing van ‘n volksheld tot ‘n smeltlose heilige nie, hier is net ‘n eerlike uitbeelding van Paul Kruger as mens: die gevoelige seun,
die onverskrokke jongman, die onverbiddelike voorvegter vir sy volk, die hooggeagte staatsman en altyd en te alle tye die toegewyde Christen en Calvinis wat homself en alles wat hom raak,
aan die Skrif toets.