TEKEN AAN

Die Skandalige susters Smit, R 140.00

Skrywer: A Radloff & A v Houwelingen
ISBN: 9780624086802
Prys: R 140.00
Kode: 1936
Kies Hoeveelheid:  
 
Vorige
 
Sara Sloot-Smit is 'n baie gelukkige meisie.
Sy woon in 'n luukse huis in 'n welvarende buurt, gaan na 'n spogskool en het ouers wat baie belangrike werk doen.
Maar hulle het min tyd vir hulle dogter. Toe hulle aankondig dat hulle 'n maand lank oorsee gaan, is dit vanselfsprekend dat Sara nie saamgaan nie.
Sy moet by haar drie tannies, haar pa se susters, in die stad gaan bly: "O, die skandalige susters Smit. Wie het nog NIE van daai drie gehoor nie?
'n Feeks en 'n flerrie en 'n rissiepit; geen ander tannies was nog ooit so goor nie!" Haar pa dink sy susters ken nie hul plek nie.
Suzie giggel en maak grappies; geen sprake van waardigheid by haar nie.
Silvie is konstant met 'n nuwe kêrel of twee, en Sofia is wel suksesvol, maar sy's kwaai en gemeen en veels te luidrugtig. Sal Sara ooit die vakansie oorleef?