TEKEN AAN

Dopperdagboek, R 20.00

Skrywer: Hannes Neuth ea
Prys: R 20.00
Kode: 1703
Kies Hoeveelheid:  
 
In My-Dopper dagboek: Wat het die beeldhouer Laurika Postma, die inspirasie vir die liedjie Sarie Marais en pres. Paul Kruger gemeen?
Hulle was al drie lidmate van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.’n Nuwe publikasie,
My Dopper-dagboek, is propvol interessante feite oor dié kerkverband wat die verhaal daarvan van 1859 tot die hede vertel.
Op elke bladsy is plek vir afsprake en onderaan ’n brokkie uit die verlede met ’n paslike foto daarby.
“Die navorsing vir My Dopper-dagboek was ’n heerlike ontdekkingsreis,” sê M.C. van Rooyen, wat die boek met die hulp van ds. Hannes Noëth van Pretoria saamgestel het.
Dit word uitgegee deur die Instituut vir Christelike Onderwys (ICO)
“Lesers kan elke dag deel in die lief en leed van mense wat die afgelope 157 jaar ’n reuse-invloed op Suid-Afrika en selfs tot in die hartjie van Afrika gehad het,” sê Van Rooyen.
“’n Mens kan die dagboek gebruik soos ’n gewone dagboek met plek vir dag tot dag afsprake of as ’n joernaal waarin jy dagboek hou.”