TEKEN AAN

God vergeet jou nooit, R 160.00

Skrywer: Fika J van rensburg
ISBN: 9781770001992
Prys: R 160.00
Kode: 0951
Kies Hoeveelheid:  
 

Vir baie mense is oudword neerdrukkend, soms selfs skrikwekkend.
Maar vir gelowiges is hier­die goue jare van die lewe ’n tyd om verdere ver­die­ping te ervaar in hulle verhouding met die Ver­los­ser.
Dis ’n tyd om dankbaar terug te kyk na alles wat die Here deur die lewe gedoen het om sy kin­ders te dra.
Dis ’n tyd om ’n geloofs­erfenis na te laat aan die geslagte wat nog kom.
Die 91 oordenkings in God vergeet jou nooit! is geskryf deur mense wat self al op die lewens­pad gevorder het.
Deur hulle eie ervaring rus hulle ouer gelowi­ges uit en met die Bybel toe om hulle oog op die wenpaal te hou en só tot by die wen­paal verby ’n positiewe ver­skil te maak.
Dis oor­den­kings wat uit­sig en hoop gee vir ’n beteke­nis­volle lewe in die herfs­jare.