TEKEN AAN

Job, R 100.00

Skrywer: Ds N Droomer
ISBN: 9780994724212
Prys: R 100.00
Kode: 0875
Kies Hoeveelheid:  
 
In die laaste jare van my bediening van die Gereformeerde Kerk Die Kandelaar in Pretoria het ek uiteindelik wel probeer om in ‘n
reeks preke die boodskap van Job aan die gemeente duidelik te maak.
Hierby het ek gesteun op verskeie gereformeerde verklarings oor die boek Job wat deur die jare die lig gesien het.
In die vertroue dat die plaaslike gemeente in hierdie preke gehoor het wat die Gees vir die gemeente sê, voldoen ek aan die versoek om die preekreeks uit te gee.
Dit is my bede dat gelowiges elders by die lees daarvan opgebou mag word in die troos wat die HERE ons deur die boek Job in lyding bied.