TEKEN AAN

My tye is in U Hand, R 70.00

Skrywer: Floor, L
ISBN: 9780620486224
Prys: R 70.00
Kode: 0520
Kies Hoeveelheid:  
 
Wat 'n groot vreugde en wat 'n diep dankbaarheid,
om te weet dat die heilige hand van God daar is wat ons vashou wanneer ons dreig om te struikel,
wat ons oprig wanneer ons geval het, wat ons weer nader trek wanneer ons van Hom weg beweeg het,
wat ons by die bron van troos bring wanneer ons diep bedroef is.
Hierdie preekbundel wil van daardie heilige hand van God getuig.
In die preke word die leser opgeroep om ootmoedig in die geloof onder God se hand te buig,
ook wanneer die Here ons daarmee slaan.
Ons kan dit doen in die wete dat ons tye, ons hele lewe in Sy hand is, deur Hom gelei word.
Die preke kan in leesdienste gebruik word.
Om daardie gebruik te vergemaklik, is by elke preek 'n liturgie bygevoeg.
Mag onder die seën van die Here hierdie bundel die leser en/of hoorder
bring tot die heilige verwondering dat God met sy hoë hande die wêreld, die kerk en ook ons eie lewe lei.
NUWE DRUK 2016