TEKEN AAN

Navorsing: 'n Gids vir die beginner navorser, R 315.00

Skrywer: Ina Joubert, Cycil Hartell ea
ISBN: 9780627032912
Prys: R 315.00
Kode: 8083
Kies Hoeveelheid:  
 
Navorsing: ’n Gids vir die beginnernavorser behandel basiese inligting oor navorsing vir beginnernavorsers.
Die boek kan ook gebruik word by die onderrig van navorsing.
Onderwerpe soos selfbestuur, verhouding met jou studieleier, kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing,
asook gemengde navorsingsmetodes word verduidelik met voorbeelde en praktiese benaderings.
Daar is ook ’n hoofstuk ingesluit wat die navorser sal help met die aanbieding van navorsingsresultate, soos by konferensies.
Akademici vanuit die wye spektrum van die opvoedkundedissipline van verskeie universiteite het ’n bydrae tot die boek gelewer.
Die onderskeie uitgangspunte van die skrywers tot die inhoud van hulle hoofstukke dra by tot die sukses van die boek.
Die voorwoord is geskryf deur Prof. Irma Eloff, wat ’n nasionaal en internasionaal erkende navorser is.
Reeds 50 meesters- en doktorale studente het hulle studies in opvoedkundige sielkunde onder haar leiding voltooi.
In 2012 is sy aangewys as een van drie mees invloedryke vroue in sakebestuur in Suid-Afrika, in die kategorie Opvoeding.