Met die seile volgespan kloof die boeg van die Seewraak deur die water - op pad na die oop see. Oloff kyk voor hom uit. Hy voel die wind teen sy gesig waai. Dis die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees - Oloff die Seerower.
|