TEKEN AAN

Prof Sabatina se wetenskapboek -30 eksperimente, R 190.00

Skrywer: Elizabeth Wasserman
ISBN: 9780624069201
Prys: R 190.00
Kode: 0927
Hierdie item is ongelukkig nie in voorraad nie.

Stuur enige verwante navrae hier:
Kontak Form
 
Professor Sabatina Atoom is Anna en Pip se ma in die Anna Atoom-boeke. Sy het hierdie boek geskryf oor alles wat kinders nog altyd wou weet oor wetenskap!
Hoe werk swaartekrag? Hoe bly 'n vliegtuig in die lug? Hoe werk magnete? Waarom dryf sommige dinge op water en ander sink?
By elke onderwerp is daar 'n probleemstelling, dan 'n eksperiment (eenvoudig genoeg vir selfs die jongste lesers en met bestanddele wat geredelik in huise beskikbaar is),
die wetenskaplike verklaring, toepassing in die alledaagse lewe en 'n “dink 'n bietjie” vraag wat lesers uitdaag om hulle nuwe kennis in te span. Die professor se wetenskaplike wenke:
Hou altyd jou oe oop en vra: hoe werk dit? Dink! Probeer verskillende maniere om 'n probleem op te los en stel dit op die proef. As een manier nie werk nie, probeer weer.