Beproef die geeste, graad 10, is deel van 'n reeks boeke vir die vak Religieuse studies en Kerkgeskiedenis. Die reeks vorm deel van 'n unieke christelike kurrikulum wat bestaan uit handboeke, werkboeke en onderwysershandleidings. Aros-boeke word deurlopend hersien en bygewerk om aan kurrikulumvereistes te voldoen. Die boeke is aktueel, maklik verstaanbaar en kindvriendelik geskryf.
|