TEKEN AAN

Sewe vensters oop op Golgota, R 400.00

Skrywer: Johannes Bingle
ISBN: 9781990940842
Prys: R 400.00
Kode: 2070
Kies Hoeveelheid:  
 
Vorige
 
Wat op Golgota gebeur het van 09h00-15h00 Goeie Vrydag met die kruisiging van Jesus Christus, is ondeurdringbare Godsmisterie.
Enigiemand wat die vier Evangelieskrywers se geinspireerde relaas daarvan (Matt. 27:32-56; Mark. 15:21- 41; Luk. 23:33-49; Joh. 19:17-37)
ootmoedig en eerbiedig oordink, kom gou by n punt dat hy/sy moet uitroep:
Hier moet ek my skoene uittrek – ek staan op heilige grond. Dit is so hoog soos die hemel. Dit is dieper as die donkerste duiseldieptes.
Tog word die hoog en die diep deurlig deur sewe ligstrale as die sterwende Seun van die lewende God sewe keer praat van sy regopstaande martelsterfbed af.
Die woorde tydens die intense eindure van Jesus se lyde tydens sy aardse lewe word soos sewe vensters waardeur ons mag inkyk in die Raad van God,
waardeur die vars lug van Gods Raad invloei in ons bedompige dampkring van sondenood en dood.
Hierdie is 'n besonderse preekbundel waar ook die kunstenaarshand van mnr Johan J Steyn passende illustrasies van die kern van die preek gemaak het.
Maklike leesbaar met hardeband omslag.