TEKEN AAN

Stylboek: Riglyne vir paslike skryf

Skrywer: Piet du Toit & Wanda Smith Mul
ISBN: 9780627025037
Prys:
Kode: 1283
Hierdie item is ongelukkig nie in voorraad nie.

Stuur enige verwante navrae hier:
Kontak Form
 

Stylboek: Riglyne vir paslik skryf is die eerste volwaardige stylhandboek in Afrikaans wat uitsluitlik op klassieke stylbeginsels fokus.
Die boek is geskik vir almal wat praktiese stylvaardighede in skriftelike tekste wil verbeter.
Werklike voorbeeldmateriaal uit ’n verskeidenheid tekstipes word gebruik om praktiese riglyne te gee oor gepaste taalgebruik.
Die boek fokus nie op reg of verkeerd volgens die taalsisteem nie, maar eerder op die verskeidenheid taalgebruiksmoontlikhede waarvan sommige meer gepas is as ander,
afhangende van die situasie en konteks waarin die teks moet funksioneer.
Die boek bevat sewe hoofstukke. In die eerste twee hoofstukke word inleidende kommentaar oor die term styl gegee.
Daarna word ’n hoofstuk aan elk van die volgende algemeen aanvaarde stylbeginsels gewy:
duidelikheid
bondigheid
gepaste toon
aantreklikheid’n Hoofstuk oor die styl van wetenskaplike tekste sluit die boek af. ’n Waardevolle toevoeging is die reeks oefeninge oor ’n verskeidenheid stylaspekte aan die einde van hoofstuk 3, 5 en 6.
Stylboek: Riglyne vir paslik skryf is ’n kompakte, praktiese styladviesboek en ’n moet vir alle skrywendes wat die effektiwiteit van hulle kommunikasie wil verhoog.