TEKEN AAN

Vuurklip, R 345.00

Skrywer: Marie Heese
ISBN: 9780798163767
Prys: R 345.00
Kode: 2039
Kies Hoeveelheid:  
 
n Magiese roman oor die lotgevalle van die Land- en die Seestamme aan die suidkus van Afrika 100 000 jaar gelede.
Dis Ama se storie, jongvrou wat wil Storievrou en Moetievrou word, soos die ouvrou Maouma. Maar eers moet sy vrou word – die bloedgebed en die Eerste Ingaan beleef.
Wie gaan haar herdman wees? Waarheen verdwyn sy skielik? Dis ook die storie van ’n magstryd; wie gaan Hoofman-owerste van al die Seestamme word?
En dis die storie van die mensheid se oorlewingstryd, want die omgewing kan nie meer almal voed nie. Kan hulle beter gereedskap maak? Durf hulle ’n groot taboe breek om te kan voortleef?