TEKEN AAN

Wilde Wikus, R 110.00

Skrywer: Jaco Jacobs
ISBN: 9780799394900
Prys: R 110.00
Kode: 1956
Kies Hoeveelheid:  
 
'n Wilde wragtig genaamd Wilde Wikus Het daar 'n zombie-virus uitgebreek? Is ruimtewesens besig om die aarde aan te val?
Het iemand 'n hele weermag ninja-robotte losgelaat? Of waarom wil Wikus se beste maat, Rico, dan skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie?
Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninja-robotte. Rico het 'n nuwe beste maat. Iemand wat baie opwindender as Wikus is. Wikus besluit om 'n plan te maak …
Hierdie is 'n humoristiese, toeganklike boek geskik vir beginner- en intermediêre lesers.
Daar is min boeke vir seuns in hierdie ouderdomsgroep. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.