TEKEN AAN

Zackie Mostert Omnibus 2 (5 in 1), R 150.00

Skrywer: Jaco Jacobs
ISBN: 9780799389456
Prys: R 150.00
Kode: 1947
Kies Hoeveelheid:  
 
5 Zackie-avonture in een fantastiese omnibus!
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon.
Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of 'n klomp meisies baie, baie vies maak -
waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats
hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend,
Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!
Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:
6. Zackie Mostert druk 'n drie
7. Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante
8. Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies
9. Zackie Mostert en die meisiemoles
10. Zackie Mostert en die baie beroemde hond