TEKEN AAN

Volledige beskrywing van produkte

Boekenhout is 'n boekwinkel wat boeke met 'n Reformatoriese inslag aan die algemene publiek beskikbaar stel.


Leweringsbeleid


Onderworpe aan beskikbaarheid en ontvangs van 'n bewys van betaling, sal bestellings binne drie werksdae verwerk en versend word. Tegelykertyd sal 'n e-pos aan u gestuur word om versending te bevestig. Hierdie e-pos sal ook die pakkie se opsporingsnommer bevat.


Terugkeer en terugbetalingbeleid

Die verskaffing van produkte deur Boekenhout is streng onderworpe aan beskikbaarheid van die betrokke produkte. Indien die produk nie beskikbaar is nie, sal Boekenhout die bedrag binne dertig dae terugbetaal. Indien die produk(te) u nie in 'n goeie toestand bereik nie, of u is nie tevrede met die produk wat u gekoop het nie, moet u ons asseblief binne sewe werksdae telefonies of per e-pos in kennis stel en sal met graagte u produk omruil of terugbetaal, onderhewig aan 'n hanteringsfooi. Produkte moet in dieselfde toestand en verpakking aan ons teruggestuur word as waarin u dit ontvang het. Boekenhout betaal nie pos- of koerierkoste terug nie.


Kliënteprivaatheids beleid


Boekenhout sal al die nodige stappe neem om die persoonlike inligting van die kliënt vertroulik te hou. Vir die doel van hierdie klousule, word "persoonlike inligting" gedefinieer in terme van die Wet Op Die Beskerming Van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (POPI). POPI kan afgelaai word by: http://www.justice.gov.za/legislation/acts/2013-004.pdf


Beskikbare betalingsopsies


Tans aanvaar Boekenhout slegs elektroniese oorbetalings (EFT), met bewys van betaling ge-e-pos aan boekenhout@aros.ac.za, vir produkte wat deur hierdie webwerf bestel word. Die rekeningbesonderhede sal saam met die bevestiging van u bestelling aan u gestuur word.


Verantwoordelikheid


Boekenhout neem volle verantwoordelikheid vir alle aspekte van die bestelling, insluitend die verkoop van goedere op hierdie webwerf, kliëntediens en ondersteuning, geskilbeslegting en lewering van goedere.


Land van verblyf


Hierdie webwerf is onderhewig aan die wette van Suid-Afrika en Boekenhout kies as domicilium citandi et executandi vir alle doeleindes van hierdie ooreenkoms, Dickensonlaan 1184, Waverley, Pretoria, 0186


Verandering


Boekenhout mag ter enige tyd hierdie ooreenkoms, of enige gedeelte daarvan, sonder kennisgewing wysig.


Maatskappy inligting


Hierdie webwerf word geadministreer deur Boekenhout, 'n afdeling van Aros, 'n nie-winsgewende en openbare begunstigde organisasie, met registrasienommer 2010/000547/08 en BTW-nommer 9214917172.


Boekenhout kontakbesonderhede


E-pos: boekenhout@aros.ac.za
Tel: 012 332 3227 

Kantoorure: 08:00 -€“ 16:00, Maandag -€“ Vrydag

Ons posadres is:
Posbus 31120
Totiusdal
0134